Party liefdesverhale begin met groot oomblikke… en ander begin stil-stil, sonder dat twee mense eers besef hoe spesiaal hulle vir mekaar gaan word. Ons verhaal is een van daardie stories wat met tyd net sterker, mooier en dieper geword het.
Op 3 Februarie 2023 het ons paaie gekruis in die klein dorpie Windsorton. Niemand sou ooit kon dink dat daardie gewone naweek die begin van iets só besonders sou wees nie.
Ek het met 'n padda in my hand gestaan toe ek vir Gerdus die eerste keer sien, en hy was, soos gewoonlik, langs die water met 'n visstok in die hand. Van die begin af was daar net iets wat natuurlik gevoel het — asof ons harte mekaar lank voor daardie dag al geken het.
En toe kom daardie eerste soen… die een soen wat alles verander het en die liefde sommer skoot hoog deur geskiet het.
Maar soos alle mooi stories het ons s'n ook uitdagings gehad. Daardie Sondagmiddag moes ons groet, met 950 km tussen ons. Tog het die afstand nooit sterker as liefde geword nie. WhatsApp-boodskappe het lang gesprekke geword, en in April 2023 het ek die lang busrit aangepak om vir Gerdus te gaan kuier — 'n trip wat ek vir niemand sou toewens nie, maar vir liefde doen mens mos dinge wat nie altyd maklik is nie.
Van daar af het ons gereeld heen en weer gereis. Die afstand was nie maklik nie, maar elke totsiens was die moeite werd vir die volgende hallo.
In 2025 het alles verander toe ek permanent na Gerdus verhuis het en ons ons lewe saam begin bou het — nie meer 950 km uitmekaar nie, maar uiteindelik saam.
Ons groot dag vind plaas by die pragtige La Ferme Derik — 'n bekroonde geleentheidsvenue in die hartjie van die Paarl-wynland, omring deur wingerde en rustige Bolandse natuur.
"Die beste ding om aan iemand anders vas te hou, is mekaar."
— Audrey Hepburn
Ons troue se kleure weerspieël ons — 'n samesmelting van dramatiese elegansie en sagte romantiese warmte. Swart as die anker van ons aand, met rose en blossom toetse wat teerheid inbring.
Klik op 'n uitrusting hieronder om te sien hoe die troue se kleurskema by verskillende stile pas. Kies jou kleur en ontdek jou perfekte look.
'n Geskenkie is nie oorbodig, maar 'n geldjie is meer wat ons benodig. Spaar jou voete die loop, ons sal eerder self wil koop.
Gebruik asseblief jou naam as verwysing.
Vir dié wat van ver af kom, het ons 'n paar aanbevole verblyf-opsies naby die venue uitgesoek vir jou gerief.
Bevestig asseblief jou bywoning teen 20 Julie 2026. Ons wil seker maak dat elke spesiale persoon op ons groot dag by ons is.
Jou RSVP is suksesvol ontvang.
Ons kan nie wag om hierdie dag met jou te deel nie.